top of page

Die jaar van ons Liewe Heer 2020.

In toeka se dae het die mense so met respek verwys na die vorige jaar.

Ons wil ook so verwys na 2020, Covid 19 ten spyt.

Tydens die pandemie was ons positief en hoopvol,met ander tye weer diep ontsteld en onseker.

‘n Tydlank van 2020 het ons soos getroue posbodes die materiaal afgelewer by skole en besighede Sommige skoolhoofde het ons wel ingenooi en kon ons hulle bemoedig.By baie van die ondernemings was daar huiwering om die materiaal te ontvang.Ons het al die materiaal in plastieksakkies geplaas.Dit het gehelp.

Ons het ook heelwat van die geskrewe materiaal elektronies aangestuur.Dit is oral verwelkom en verder versprei na personeel by die firma.

Streng dissipline is toegepas met toegangsbeheer.By meeste van die skole was ons verplig om die pakkie met materiaal by die hek af te gee met hoop en gebed dat die in die regte hande sal kom.

Hoogtepunte:

  • Die dankbaarheid van onderwysers om die materiaal en gebede te ontvang was opmerklik.Die firmas het die materiaal goed ontvang.

  • Die Bybelverhale vir kinders is entoesiasties verwelkom deur onderwysers.Die verhale is kort en duidelik en in moedertaal. Die onderwysers voel dat dit die beste boustene is vir ons land se toekoms.Ons het reeds 300 boeke geplaas in die hande van onderwysers.Die volgende 300 is gereed om versprei te word.Ons vertrou da tons in die toekoms die Bybelverhale kan plaas in ontvangslokale by besighede.

  • Ons is bly en dankbaar dat almal in 2020 gesond gebly het.

  • Die veranderende omstandighede het meegebring dat ons nuut begin dink en beplan het vir die toekoms,

Laagtepunte 2020

  • Ons het die ontwrigtende uitwerking van Covid 19 voor ons oe gesien.Daar is ‘n groot las op skoolhoofde om die gesondheid van personeel en leerders te beskerm.En dan steeds die akademiese jaar te implementeer.

  • Die verlies aan persoonlike kontak met onderwysers en personeel by die firmas was uiters frusterend.Ons besef nou die voorregte wat ons as vanselfsprekend aanvaar het.

  • Die verbod om met groot groepe leerders te gesels oor Bybelse waardes vir die lewe is ‘n groot jammerte en gemis.Ons kon ook nie met die personeel praat by die firmas nie

  • Die negatiewe effek van die inperking op besighede was ontstellend om te beleef.Mense wat hard werk en dan groot verliese ly het ons diep geraak.Ook ons inkomstes het afgeneem.Ons het 40k uit ons spaarrekening onttrek in Desember.

Vermeerder spoed in 2021.

Daar is kosbare lesse wat ons leer:

Nuwe vennote vir ons fondse.

Ons beplan om swart sakemense bekend te stel aan ons uitreik na die 450 skole: 85 % van die leerders is swart. Ons wens dat hulle kan bydra vir die bediening.Dit sal vir ons ‘n eerste keer wees.

Die uitdaging is om by mense uit te kom wat ons hiermee kan help.Ons personeel beweeg nie in sulke kringe nie.Die plan moet egter in werking kom.So enige raad en bystand sal waardeer word.Die Here se goedheid en sorg staan egter soos ‘n paal bo die stormagtige waters.

Verder maak ons gereeld kontak met ons vennote.

Kultuur 2021

Ons besin oor die verdere opleiding en regstelling ivm sekere teologiese aksente.Ons boodskappe by skole is nie relevant genoeg nie.Die kultuur is besig om drasties te verander.Armoede en werkloosheid en uitsigloosheid is aan die toeneem.Ons bespreek en beplan ‘n meer doelgerigte aanslag.Ons doen navorsing by verskeie instansies om die diep liggende probleme in ons samelewing beter te verstaan.Die boodskap bly steeds die Bybel se waarheid en die Verlosser Jesus Christus.Ons herbedink egter die wyse en inhoud waarmee dit oorgedra moet word.Die opleiding van ons personeel is hier ‘n groot prioriteit. Die keuses van onderwerpe by besighede geniet hoe prioriteit om tref boodskappe te versprei

Ons werk hieraan en pak dit aan in vrede en wysheid .

Groet die cd formaat.

Ook wil ons aandag gee aan meer digitale platvorms om die Woord te versprei.

Ons gaan die verspreiding van cds waarskynlik teen die helfte van die jaar staak. Ons dink aan goeie relevante gedrukte materiaal as vervanging daarvan.

Ons betree ‘n nuwe veld en sal sover moontlik van reeds bestaande literatuur gebruik maak.Wil egter ons eie unieke boodskappe en aksent in werking stel.

Eye-ball

Ons sal solank dit moontlik is,steeds persoonlike kontak nastreef.Maar die Covid situasie veroorsaak uitdagings.Dit is ‘n groot pluspunt om oog tot oog kontak te maak met die opvoeders en sakeleiers.

Soos in alles,bid en werk ons aan die uitdaging.

Samevatting;

Ons sien uit om die bediening te bly doen,te midde van die pandemie.

Ons glo dat elke stukkie waarheid ‘n goeie uitwerking het.Die duisternis kan nie die lig uitdoof nie.( Joh.1.5)ons streef om die waarhede van die Here te versprei en self in die Waarheid te lewe al is ons maar studente in die koninkryk.

Dankie.

Ons dank die Here vir julle vennootskap met ons as werkers.

Deur julle hande,beleef ons die Vader se hande en sorg vir ons daaglikse lewe.

Shalom en maranata.

Dolf,nms. Lifetalks en Company Care se mense.

Comments


bottom of page