Momentum.
Nie ‘n ledige oomblik nie…ons soek voortdurend na nuwe en effektiewe metodes om die evangelie boodskap oor te dra in skole.Dankie dat die Heilige Gees gekom het om ons mense te help en lei.
Ons nuutste hulp is ‘ God se kinders’, 56 verhale uit die Bybel,vertel deur Desmond Tutu. Ons versprei die boek in 5 tale.Dis ‘n pragtige kleurryke boek.Ons het dit by 85 skole geplaas,as kosbare hulpmiddel vir onderwysers om vir leerders die verhale te lees met klasopeninge en selfs personeelvergaderings.
Die ontvangs en terugvoer is uiters positief.Een van die hoofde het dadelik besluit die verhale is nodig vir sy vergaderings.
Ons volgende groot verrassing is die koms van Howard Mahlangu,’n jong evangelis.Sy ouers volg die Here en dien en werk in Bronkhorstspruit.Sy vrou is ‘n onderwyser in Eersterus.
Dis ‘n groot voorreg om mense soos hy te verwelkom in die span. Hy is soos ons ander medewerkers iemand wat soek na werk en nuwe geleenthede.Dit doen hy op Bronkhorstspruit.
Daar is ‘n uiters groot navraag vir ons ‘produkte’ by skole en verskeie besighede.
Ons sien daarna uit om op die dorp ‘n sterk verspreiding-netwerk van stapel te stuur.
Hy het so pas 10 nuwe skole ingeteken en hulle loop oor van entoesiasme.Die onderwysers is opreg dankbaar vir die inspirerende boodskappe.
Navorsing ivm Digitale platvorms.
Die plan is om ‘n You Tube kanaal te reserveer vir Lifetalks Movement.Hier sal ons spanlede wat ervaring het met verslawing en die misbruik van dwelmmiddels en ander afbrekende gewoontes laat praat oor die pad uit sulke moeilikhede.
Wonderlike geleentheid om die evangelie aan te bied.
Ons teikengroep is tieners en ons hoop om die boodskappe in 5 tale aan te bied.
Terugvoer na September se besoeke by skole.
Uiteraard is daar te veel om te vertel van die sowat 500 besoeke,maar hier is van die woorde “verbatum”wat die onderwysers geskryf het:
Substance Abuse Office: We appreciate the work.
Alexandra High:Thank you for motivating us with inspiring words.
Semphato Secondary: We are so blessed by the messages.
St Marks Secondary: This help us a lot with challenges of substance abuse,bunking of lessons,disrespect,late coming.
Thulani Primary: Thank you very much,the information on the cd’s are very informative and spiritually uplifting”
Khanyisa P: They are very interesting for all both employees and learners we appreciate a lot.
Sboniwe P : As part of the management group we are happy to receive your packages and appreciate the effort .Thank you.
Lehlaba Secondary:Good work.We love the ministry the best.
Madibeng P: We have received the cd’s in good condition and they are fruitful.
Hlolisisa P: Thank you for the service, we need your services every month.
Opgesom.
Ek glo die voorsiening van boodskappe in moedertaal het groot trefkrag.Dankie vir Radio Kansel se treffende boodskappe.
Ons gereelde besoeke dra iets van egtheid oor en die feit dat ons die materiaal skenk aan skole bly ‘n groot aangename verrassing vir hoofde. Ons het nie ‘n geheime agenda nie..slegs die uitdra en vestiging van die evangelie.
Ons dank die Here vir die eerste sewe jaar wat verby is onder sy sorg. Dit was opwindend en geslaag.Maar ons sien uit na nuwe groei en vrug op arbeid.
Comments